Hoe werk dit?

Word ‘n AgriCarbon-vennoot om die winsgewindheid van u koolstofreis te maksimaliseer.

Vyf stappe om vir impak te boer

Verhoog opbrengste, verbeter veerkragtigheid en verseker toekomstige voedselsekuriteit.

Icons_noBG

1. Vertel ons van u plaas

Voorsien ons van inligting oor u volhoubare landboupraktyke deur hier te registreer. Ons benodig dit om u koolstofsertifikasieproses aan die gang te sit.

Watter boerderypraktyke kwalifiseer?

Implementeer enige van hierdie kern afdelings:

  • Verminderde toediening van anorganiese stikstofbemesting.
  • Effektiewer besproeiingspraktyke en waterbestuur (energie-effektief).
  • Verminderde grondversteuringpraktyke soos minimale of geen grondbewerking.
  • Die behoud van oesreste.
    Gediversifiseerde wisselbou van kontantgewasse.
  • Aflos-/dubbel-/tussen-gewasverbouiing.
  • Wisselende/aanpasbare/multi-spesie beweiding.
Icons_noBG

2. Ons sal u data ontleed

Verskaf u dataverslae aan ons. Ons sal dit gebruik om die koolstofkrediete wat aan u verskuldig is te bereken ter motivering van ons voorlegging aan ons onafhanklike ouditeure.

Watter inligting moet ek verskaf?

  • Grond en gewasbestuurspraktyke van die afgelope ses jaar.
  • Opbrengste en oesreste-bestuurspraktyke.
  • Bemestingspraktyke (anorganies en organies).
  • Aangaande vee: veelading, veetipes, aantal en grootte van weikampe, weidingbesonderhede.
  • Beskikbare rekords van grondontledings-, brandstofverbruik- en besproeiingsverslae.
  • Akkurate en opgedateerde landkaarte van die plaas en lande/kampe.
Icons_noBG

3. Ons sal u koolstofkrediete verifieer en uitreik

Terwyl u boer, sal ons met ons onafhanklike ouditeure skakel en motiveer om u koolstofkrediete deur Verra se Verified Carbon Standard te laat verifieer, sertifiseer en uitreik.

Hoeveel koolstof kan ek verwag?

Ons program het potensiële opbrengste van tot 10 ton koolstofkrediete per hektaar per jaar getoon (op werklike ingediende data gebaseer). Die hoeveelheid koolstof gewerf word beïnvloed deur die spesifieke boerderystelsel, omgewing en die suksesvolle implementering van verbeterde grondbestuurspraktyke.

Icons_noBG

4. Word betaal

Ons sal ons wêreldwye kopersmark ontgin en die hoogste haalbare prys vir u krediete beding. AgriCarbon dek alle voorafverskuldigde koolstofsertifiseringskostes.

Hoeveel betaling sal ek ontvang?

‘n Boerdery wat in 2023 by AgriCarbon ingeskryf word, kan pryse vanaf US$10 per geverifieerde koolstofkrediet verwag, afhangende van markpryse. Te wyte aan die toenemende belangstelling in landbougebaseerde koolstofkrediete die afgelope jaar kan u egter meer verdien.

Icons_noBG

5. Verdien u lojaliteitsbonus

Indien u data vir ‘n volle vyfjaarsiklus indien, ontvang u ‘n 5% lojaliteitsbonus. U mag die kontrak enige tyd beëindig sonder om beboet te word.

Sal ek enige verliese ly indien ek die program verlaat?

U sal u lojaliteitsbonus verbeur asook enige van die “bufferkrediete” wat deur Verra’s Carbon Standard as beskerming teen koolstofomkerings gereserveer word.