Wie moet aansluit?
Visionêre boere wat hul verbind tot ‘n langtermyn herlewingslandbou-benadering.
Word ‘n AgriCarbon™ boer
Sluit aan by ‘n gemeenskap van vooruitstrewende boere, verenig deur hul liefde vir die aarde en ‘n gedeelde visie van ‘n volhoubare toekoms. Deur samewerking, die deel van kennis en toegang tot waardevolle bronne sal u die nodige ondersteuning vind vir ‘n suksesvolle reis met koolstofboerdery.
Stel u belang in die opbou van u plaas se langtermyn winsgewendheid?
Werk u daaraan om u plass vir die volgende geslag te bewaar en op te bou?
Oorweeg u nuwe praktyke maar verlang insig en ondersteuning van kundiges soos ons om u sukses te verseker?
Bou u grondkoolstof op?
Wil u meer uitvind?
Oorweeg u, of implementeer u tans enige van die volgende praktyke op u plaas toe?
- Minimale of geen grondbewerking;
- Wisselbou deur die gebruik van dekgewasse of tussen-ry gewasverbouiing;
- Verbeterde weidingspraktyke; en
- die vermindering van anorganiese stikstofbemesting
Indien wel, mag die AgriCarbon-program ‘n pasmaat vir u plaas wees.
Om in ons program vir betaling in aanmerking te kom, moet u:
- Binne die grense van Suid-Afrika met gewasse of vee boer
- Minstens een nuwe koolstofboerderypraktyk instel of bevorder: die byvoeging van dekgewasse, verhoogde plant- of dierdiversiteit, vermindering van grondversteuring of stikstofbemesting, diversifisering van u wisselboustrategie en/of die instel van verbeterde veebestuurpraktyke
- Alle toepaslike data en boerderybestuurinligting teen vasgestelde spertye, vanaf die inskrywing (op ons webblad), verskaf.
- Ervaar ‘n toename in grondkoolstof en verminderde kweekhuisgasvrystelling op u plaas, soos bepaal deur die Anthesis SA of geassosieerde vennote wat ons bestuursinligting gebruik.