Samewerking vir impak

Samewerking vir die verbetering van herlewingslandbou en volhoubare grondbestuurpraktyke wat deurslaggewend is vir voedselsekuriteit en die stryd teen klimaatsverandering.

Saamwerkpogings kweek ‘n volhoubare toekoms

Onderliggend aan die AgriCarbon™-program se sukses is vennootskappe met landboukonsultante, navorsingsorganisasies en moniterings diensverskaffers wat nóú met ons boere saamwerk om hul volhoubaarheidreis te ondersteun en terselfdertyd opbrengste te verhoog en insette te verlaag.

AgriCarbon™ bied toegevoegde waarde aan beide diensverskaffers en boere.

Ons program verander nie net boere se data in bykomende inkomste nie, maar bied ook finansiële voordele aan diensverskaffers.

Daarbenewens verskaf ons aan herlewingslandbouboere en hul aangewese diensverskaffers waardevolle agronomiese insigte, data, en koolstofkundigheid.

Sluit by ons aan om die volle potensiaal van u bates te ontsluit en volhoubare landboupraktyke te bemagtig.

Ons vennote en medewerkers sluit in: