Om vir impak te boer

Boer saam met ons om die winsgewendheid van u koolstofreis maksimaal te verhoog.

Hoekom AgriCarbon™?

Die beskerming van ons grond is kritiek vir die oplossing van die klimaatskrisis en landbou speel ‘n deurslaggewende rol.

AgriCarbon™ is Suid-Afrika se toonaangewende koolstofboerderyprogram en bied geverifieerde en hoë kwaliteit koolstofverwyderingskrediete. Die verkoop van koolstofkrediete kan boere finansieel ondersteun tydens die oorskakeling na volhoubare herlewingslandbou boerderypraktyke. Hierdie bystand kom in die vorm van addisionele kapitaal wat die impak van potensiële korttermyn-opbrengsverlagings kan versag, óf ingespan kan word vir die finansiering van nuwe toerusting binne die herlewingslandbou raamwerk.

Hectares enrolled to date
0 k+
Key agricultural sectors serviced in 2022
0 +
Tonnes carbon offsets audited in 2021
0 k+

Wat is Herlewingslandbou?

Herlewingslandbou is ‘n holistiese benadering tot boerdery om grondgesondheid te verhoog en onderhou, biodiversiteit te verbeter, ekologiese veerkragtigheid te bevorder en terselfdertyd voedsel te produseer. Die basiese beginsel van herlewingslandbou is om sáám, eerder as téén, natuurlike stelsels te werk.

Verskeie landboupraktyke werk saam om gesonde grond te bewerkstellig, erosie te bekamp asook gewas- en veediversiteit te bevorder – soos gediversifiseerde wisselboustelsels, dekgewasse, tussenry-gewasverbouiing, verminderde grondversteuring en vee-integrasie.
Deur die opbou van gesonde grond kan herlewingslandbou help om koolstof uit die atmosfeer te verwyder en sodoende ‘n bydra lewer om klimaatsverandering teen te werk.

Konvensionele praktyke

Herlewingslandboupraktyke

VS

Konvensionele sintetiese bemesting; hoë volumes

Vermindering van sintetiese bemesting, oorskakeling na organiese bemesting, optimalisering van bemesting.

Konvensionele besproeiing en waterbestuurpraktyke.

Optimalisering van watergebruik en gepaardgaande energieverbruik.

Konvensionele grondbewerking en hoë versteuringspraktyke.

Vermindering van grondversteuringspraktyke , toepassing van minimale/geen grondversteuring saam met permanente organiese grondbedekking.

Monokultuur gewasproduksiestelsels

Gediversifiseerde stelsel deur die insluit van multi-spesie dekgewasmengsels, tussen-gewasstelsels met permanente grondbedekking.

Konvensionele weidingspraktyke.

Veelading-optimalisering, multispesie-integrasie, wisselweidingspraktyke en veemisbestuur.

Hoë landbouchemiese- en fossielbrandstofverbruik, swak biologiese gesondheidstatus van grond en die verbranding van plantmateriaal.

Vermindering van fossielbrandstofverbruik, verminderde verbranding van plantmateriaal en verlaagde verbruik van landbouchemikalië.

star_light

Mark Rubin, Lancewood farm owner and one of the first AgriCarbon farmers, says

 “We’ve always believed the soil is king and the better you work with nature and the better you work with the soil, you’ll get returns from that.” 

Lancewood het hul jaarlikse stikstofverbruik per hektaar met meer as die helfte besnoei sedert 2018 volgens die volhoubare assesserings platform wat deur Trace & Save bestuur word.

Voordele vir boere

Ons koolstofkredietprogram is ontwerp om boere op drie belangrike maniere te bevoordeel:

Globale reikwydte

Ons het ‘n omvattende internasionale kliëntebasis wat daarin belang stel om u koolstofkrediete te koop, sowel as toegang tot die plaaslike mark. Ons bied hoogsaantreklike terme en geniet gevestigde sakeverhoudings met meer as 3 000 maatskappye in die internasionale vrywillige koolstofmark. Dit verhoog die prys van ons koolstof maksimaal.

Eerste internasionaal gesertifiseerde program

Ons is Suid-Afrika se eerste internasionaal erkende koolstofneutraliseringsprogram vir die landbousektor en is genoteer op die Verra’s Verified Carbon Standard.

Kundigheidsvennoot

U is die landboudeskundige; óns die koolstofkredietdeskundiges. Ons baanrekord vir uitgebreide koolstof-projekontwikkeling is ‘n sprekende bewys van ons tegniese, kommersiële en finansiële kundigheid. Sedert 2002 het ons miljoene ton koolstof vanaf meer as 50 laekoolstofprojekte in 20 lande gewerf.